Ds Chris du Preez is die voltydse leraar by Parkkruin gemeente. Chris is gebore en getoë in Johannesburg. Hy was in Helpmekaar Seunsskool op skool, en nadat hy studies voltooi het by RAU (nou UJ) en Tuks het hy sy loopbaan as dominee begin by die Randburg-Suid gemeente, waar hy vir 15 jaar was. Daarna was hy by Weltevreden gemeente vir 5 jaar en is sedert Januarie 2008 by Parkkruin. Chris is ‘n gesinsman. Hy is getroud met Hermien, en het twee seuns Wynand en Andre. Hy sien sy familie as ‘n groot steunpilaar in die gemeente en beskou homself ook as “die rykste predikant” as gevolg van hul betrokkenheid en getroue ondersteuning oor al die jare.
Lizé Fryer het aangesluit by die Parkkruin-span as Jeugwerker in Januarie 2024. Sy is ook welbekend as gemeentelid vir jare by Parkkruin Familiekerk en dien ook op die kerkraad as die Erediens- en Gebedskommissie voorsitter.
Lizé is ook tans besig met haar doktorale studies in Privaat Reg.
In die gemeenskap is sy betrokke by Jan Celliers Laerskool met onderrig-ondersteuning in verskeie areas.
Lizé as jeugwerker vorm deel van die Jeugkommissie en Jeugbediening van Parkkruin Familiekerk en dit is vir haar ‘n groot plesier om haar passie vir kinders en tieners uit te leef binne en buite die gemeente.
083 399 3965 | chris@parkkruin.co.za
076 549 6465 | lize@parkkruin.co.za