Ons hoop om vir jou 'n geestelike tuiste te wees waar jy met God kan ontmoet, in jouself dieper kan groei, en met mekaar kan deel wie Jesus Christus is.
Ons is ’n familiekerk en almal is welkom. Daar word elke Sondagoggend, parallel met die hoofdiens, ’n spesiale erediens vir die kinders gehou.
Dit vind plaas in die kerksaal en word gelei deur ’n dominee.
Ons glo in belewenis-gedrewe eredienste, waar mense uitstap met ’n geloofservaring eerder as ’n statiese boodskap. ‘n Erediens moet ‘n ontmoeting met God wees,
asook ‘n ontmoeting met medegelowiges. Ons fokus op kinders en die gesin, en ons probeer ‘n gasvrye, vriendelike
omgewing skep vir gemeentelede en besoekers. Musiek speel ook ‘n belangrike rol in ons bediening.
Ons is
Bybel gesentreerd
Parkkruin Familiekerk is 'n Nederduits Gereformeerde gemeente. Ons staan in die Gereformeerde tradisie waar die Bybel 'n sentrale plek inneem, en ons geloof word uitgedruk in die drie formuliere van eenheid: die Heidelbergse Kategismus, die Nederlandse Geloofsbelydenis, en die Dordtse Leerreëls.
"Oor die klein was jy getrou, oor die grote sal Ek jou aanstel."- Matteus 25:12
Dankie vir elkeen wat SAAI en kies om te saai by NG Parkkruin Gemeente. Jou gehoorsaamheid aan God se beginsels stel ons instaat om 'n daadwerklike verskil in mense se lewens te kan maak en saam die Koningkryk van God te bou.