Dankfees 29 Oktober 2017

Parkkruin word geseën om ander te seën.  ALLE projekte buite die gemeente word vanuit die Dankfees gefinansier.  In geloof begin ons elke jaar in Maart geld uitgee aan verskeie projekte buite die gemeente bv Jan Hofmeyer, Bybelverspreiding, REEA, Hospice, MES ens.  Die Dankfees insameling begin elke jaar met ons Dankfeesviering – gewoonlik die laaste Sondag…Lees Meer

Oupa en Ouma Sondag – 8 Oktober

“Dit is so lekker by die kerk.”  Hierdie woorde van een van die kinders, was ʼn goeie beskrywing van wat Sondag by Parkkruin gebeur het.  Baie oupas en oumas het kom kuier by Parkkruin, die senior koor van Laerskool Jan Celliers het opgetree, en ons het ook meer gehoor van die werksaamhede van die Gideons.…Lees Meer

FRIENDS IN NEED funksie

Donderdag, 5 Oktober, is ‘n fondsinsamelingsfunksie vir Friends in Need gehou.  Hierdie is een van die aksies van die gemeente waar mense in nood gehelp word. Die was ‘n heerlike en geseënde aand gewees.  Baie, baie dankie vir almal wat hard gewerk het om die geleentheid te reël en dankie ook aan almal wat dit…Lees Meer

Senior groep kuier

Hoe meer siele, hoe meer vreugde.  Dit was ook weer waar toe ons seniorgroep in die gemeente, Dinsdag 26 September saam met Brixtongemeente Lentefees gehou het.  Daar was lekker saamgekuier, geel rys en bobotie vir middagete, malvapoeding vir nagereg, geleentheid om gebedslinte te bind in die saal en aan die heining om die kerk. Lente…Lees Meer

Parkkruin kuier by Jan Hofmeyer gemeenskap

Baie dankie aan ELKEEN, veral die tieners en kinders, wat Sondag se kuier by Jan Hofmeyer bygewoon het. Dit was ʼn heerlike en geestelik verrykkende geleentheid. Baie dankie aan die kinders en tieners wat gehelp het moet die bediening van die kos, asook die uitdeel van die komberse.

Gebedslinte Mei en Junie 2017

Efesiërs 3:14  “…om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader” As Gemeente wil ons voor die Vader buig en ons verbind aan Gebed.   Ons het 7 Gebedstema’s waarvoor ons in die volgende twee maande wil bid.  Elke tema word deur ’n spesifieke kleur lint verteenwoordig: Familie – Oranje Hersel en beskerming van Familie…Lees Meer

Dankgeleentheid 2017

Woensdag, 3 Mei 2017 Dankbaarheid is een van die heel belangrikste eienskappe van enige Christen.  In Parkkruin is ons Dankgeleentheid dan beslis ook een van die heel belangrikste gebeurtenisse elke jaar. Gisteraand kon ons weer die Here dank en loof en prys vir al die goeie gawes wat ons uit Sy hand ontvang.  Ons kon…Lees Meer

Paasete

Op Woensdag, 12 April kon ons as gemeente weer terugdink aan die gebeure in Jerusalem, meer as 2000 jaar gelede.  Jesus se laaste optredes voor Sy kruisiging het tot op die Donderdag plaasgevind.  Op die Vrydag is Hy gekruisig en het Hy gesterf.  Hy is begrawe – MAAR Hy het op die Sondag uit die…Lees Meer

Parkkruin 20 jaar oud

Deur die genade van die Here kon ons Sondag 2 April, Parkkruin se 20e verjaardag vier. Dit was ʼn heerlike fees.  Baie, baie dankie aan almal wat gehelp het met die reëlings, hard gewerk het en almal wat kom deel het in die fees.  Aan die Here al die eer!

OKLM (Operasie kas leeg maak)

By Jan Hofmeyer is die behoefte tans eerder klere as skryfbehoeftes.  Met die OKLM projek het die Parkkruin lidmate hulle kaste gaan leeg maak vir enige ou klere en skoene.  Hierdie klere word versprei na Jan Hofmeyer, asook die drie skole waarby Parkkruin vir baie jare betrokke is, nl Esperanza, Gen de la Rey en…Lees Meer

Parkkruin Posklip