Vakature: Jeugwerkerspos

VAKATURE: JEUGWERKERSPOS
NG Gemeente Parkkruin Familiekerk is op soek na ’n energieke en dinamiese persoon met ’n liefde en passie vir die jeug.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 3 Januarie 2025

Dienstermyn: Kontrakpos -12 maande

Gemeenteprofiel: Parkkruin Familiekerk is ’n voorstedelike gemeente in Parkview, Johannesburg, wat tussen verskeie laer- en hoërskole geleë is. Die gemeente fokus op die familie in geheel.
Die oorhoofse doel van die pos is die totale versorging en bediening van die jeug (kleuters tot Gr10). Die pos is in samewerking met die Jeugkommissie en die voltydse leraar van die gemeente. Daar word van die kandidaat verwag om by alle aspekte rakende die jeug betrokke te raak.

Pligte: (ʼn Volle Posbeskrywing kan aangestuur word op versoek)
• Aanbied en koördinering van kategese
• Koördinering van tiener bediening sowel as kinderkerk
• Tree op as deel van die Jeug-span tydens gemeente-aktiwiteite
Posvereistes:
Persone wat oor die volgende vereistes beskik kan aansoek doen om die pos te vul:

• Matriekkwalifikasie
• ’n Passie vir God en ’n hart vir jongmense
• ’n Lewende verhouding met die drie-enige God
• Emosionele volwassenheid en leierseienskappe
• Geroepenheid en passie vir jeugbediening
• Moet goed in spanverband kan saamwerk
• Goeie menseverhoudinge
• Rekenaarvaardigheid
• Beskik oor eie vervoer
• Jonger as 40 jaar

Werksure: 5 ure per week, waarvan 2 ure op ʼn Sondag moet wees

Vergoeding: R5000 per maand

Aanvangsdatum: 12 Januarie 2025

Aansoek: Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV en referente.
Stuur aansoek aan: kerkkantoor@parkkruin.co.za Die geskikte kandidate sal genooi word vir ’n onderhoud.

Navrae: Deonette van der Merwe 087 164 0098

Parkkruin Posklip