Goeie Vrydag: Loopnagmaal

Afgelope Vrydag (19 April) was Goeie Vrydag.  By Parkkruin vier ons nagmaal op daardie heilige dag en wel met ʼn loopnagmaal.  Dit was weer eens ʼn geseënde geleentheid.  Die bywoning van hierdie geleentheid was baie goed – in die kerk was net ʼn paar oop sitplekke en al vier moederskamers was vol.  Aan die Here al die eer!

Sondag (21 April) het ons Paasfees gevier.  Paasfees is die oudste van al die Christelike feesdae. Die rugbyspan en die bestuur van Hoërskool Nelspruit het ook weer vanjaar ons Paasfees bygewoon.  Weer eens was daar ʼn baie goeie bywoning en na afloop van die erediens is Paasfees met ‘doughnuts’ gevier – die koek met die gaatjie in die middel.  ʼn  Hedendaagse simbool van die leë graf!

Paasfees is ook by Parksorg gevier en paaseiers is vir inwoners van die Tuiste uitgedeel.

Parkkruin Posklip